Sunak vat verantwoordelikheid vir Starmer se weghol-oorwinning

Die uittredende eerste minister van Brittanje, Rishi Sunak, sê hy aanvaar volle verantwoordelikheid dat die Konserwatiewe Party die algemene verkiesing verloor het. Die Arbeidersparty en sy leier, Keir Starmer, het die vereiste 326 setels vir die meerderheid in die Britse Laerhuis gekry en daarmee ʼn einde gebring aan 14 jaar se Konserwatiewe regering. Talle Tory-kabinetsministers moes setels aan Arbeiders afstaan, insluitend Grant Shapps en Penny Mordaunt. Sunak sê die mag sal vreedsaam en ordelik oorgedra word: