Taai Afcon-loting vir Warriors

Namibië se Brave Warriors is geloot teen die vyfmalige kampioene Kameroen, Kenia en Zimbabwe in Groep J van die 2025 Afcon-uitdunne. Die voorste twee spanne sal vir die eindronde in Marokko van Desember 2025 tot Januarie 2026 kwalifiseer. Die uitdunne sal in September begin. Die Warriors se hoofafrigter, Collin Benjamin het met New Era gepraat.