Curriebeker skop vandag in Kimberley af

Die premiersliga van die Curriebeker skop vandag af. In die eerste wedstryd pak Griekwas en die Pumas mekaar om drie-uur in Kimberley. Net na vyf vanmiddag speel die Haaie tuis in Durban teen die Leeus. Môremiddag een-uur begin die Cheetahs hulle veldtog teen hulle bure, die Griffons, in Bloemfontein. Die grootste stryd van die naweek begin drie-uur Sondagmiddag wanneer die Westelike Provinsie te staan kom teen die Bulle in Kaapstad. Die eindstryd is op 21 September.