Modi en Putin kuier volgende week

Die Indiese eerste minister, Narendra Modi, sal Rusland Maandag en Dinsdag besoek, in sy eerste reis na dié land sedert Moskou se militêre aanval in Oekraïne. Hierdié veldtog het betrekkinge tussen Moskou en Nieu-Delhi getoets, al het Indië sy aankope van Russiese olie verhoog en nie by die Westerse sanksies aangesluit nie. Modi en die Russiese president, Vladimir Putin, sal vooruitsigte vir verdere ontwikkeling van tradisioneel vriendelike Russies-Indiese betrekkinge bespreek, asook kwessies van toepassing op die internasionale en streeksagenda.