Andy Murray maak klaar

Die sewemalige kampioen, Novak Djokovic, het ʼn moeilike toets deurstaan en die Britse promotorskeuse, Jacob Fearnley, verslaan om Wimbledon se derde ronde te haal. Die Serwiër het die 22-jarige Fearnley met 6-3, 6-4, 5-7, 7-5 gewen. Die Amerikaner Ben Shelton het die Suid-Afrikaanse kwalifiseerder, Lloyd Harris, net-net met 4-6, 7-6, 6-7, 6-3, 7-6 geklop. Stefanos Tsitsipas van Griekeland is uitgeskakel. Andy Murray is op die hoofbaan vereer nadat hy en sy broer, Jamie, hulle eerste ronde van die mans-dubbelspel verloor het. Murray sê dit voel soos ʼn goeie einde: