Spanning tussen Israel en Hezbollah verdiep
Libanon se Hezbollah het ‘n groot vuurpyl- en hommeltuigaanval op Israel geloods en gedreig om nuwe teikens te tref. Dit was die jongste oplewing van geweld in die voortdurend verergerende konflik oor die grens. Hezbollah sê hy het meer as 200 vuurpyle en ‘n swerm hommeltuie na 10 Israeliese militêre terreine gelanseer. Dit was in weerwraak vir Israel se moord Woensdag op senior Hezbollah-bevelvoerder Mohammed Nasser. Geen ongevalle is aangemeld nie. Die Israeliese lugmag het op sy beurt Hizbollah militêre strukture getref in die suide van Libanon.