Arbeiders terug in mag na 14 jaar van Tory-beheer

Die Arbeidersparty het die Britse verkiesing gewen. Terwyl stemme nog getel word het die party reeds 390 setels in die parlement, ver meer as die 326 wat nodig is om ‘n oorwinning te behaal. Die Tories is na 14 jaar uit die kussings gelig. Sir Keir Starmer, die Arbeiders se leier, het ‘n toespraak gelewer.