Kawana se huwelike-wetsontwerp wek kommer

Binnelandse sake-minister Albert Kawana se versoek om nog ‘n wetsontwerp in te dien om aspekte van huwelike te reguleer, bly in die nuus. Die wetsontwerp sal onder andere voorsiening maak vir die bekragtiging en erkenning van sekere huwelike. Kawana het nie doekies omgedraai dat dit is om selfdegeslag huwelike teen te werk nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Dianne Hubbard van die Regsbystandsentrum gesels, wat haar reaksie deel.

Oor of die wetsontwerp in konflik sal wees met die hofuitspraak oor die sodomiewet of die grondwet, antwoord sy…