SA nie gou van gryslys af nie: kenners

Kenners sê hulle twyfel of Suid-Afrika teen Junie volgende jaar van die Finansiële Aksietaakspan se gryslys gehaal sal word. Die taakspan wat wêreldwye standaarde stel vir die stryd teen geldwassery en terrorisme-finansiering, het bevind Suid-Afrika skiet te kort en het die land verlede jaar in Februarie op die gryslys geplaas. Isaac Matshego van Nedbank het aan die SABC gesê die regstelling van die basiese kwessies wat veroorsaak het dat die land op die gryslys beland, moet die hooffokus wees.