M-pokke maak amok in KZN

Die Vereniging van Staatsamptenare is geskok oor die vinnige verspreiding van M-pokke-gevalle in KwaZulu-Natal, nadat ‘n derde sterfte sedert verlede maand aangemeld is. Die Departement van Gesondheid het 16 gevalle bevestig, hoofsaaklik in Gauteng en KwaZulu-Natal. Hulle eis meer toetse en departementele steun vir gesondheidsorgwerkers. Mlungisi Ndlovu van die vereniging vra streng infeksiebeheermaatreëls, verbeterde skoonmaakprotokolle en openbare waaksaamheid: