NASA asteroïde-kundiges skep hipotetiese impak scenario vir oefening

Die vyfde “Planetêre Verdediging Interagentskap Tafelblad Oefening” het gefokus op ‘n asteroïde-impak scenario wat ontwerp is deur NASA en JPL se Sentrum vir Naby-Aarde-Voorwerp Studies.

’n Groot asteroïde kan wel die aarde tref, maar dit is hoogs onwaarskynlik in die afsienbare toekoms. Omdat skade na so ‘n gebeurtenis geweldig groot kan wees, lei NASA elke twee jaar hipotetiese asteroïde-impak oefeninge met kundiges en besluitnemers van federale en internasionale agentskappe, om die vele onsekerhede van ‘n impak scenario aan te spreek. Die mees onlangse oefening het verlede April plaasgevind, met ‘n voorlopige verslag wat op 20 Junie uitgereik is.

Om so ‘n scenario realisties en nuttig vir alle betrokkenes te maak, is geen geringe taak nie. Wetenskaplikes van die “Center for Near Earth Object Studies” (CNEOS) by NASA se Jet Propulsion Laboratory in Suid-Kalifornië, wat spesialiseer in die opsporing en baan-bepaling van asteroïdes en komete, en om uit te vind of dit enige gevare vir die aarde inhou, speel ‘n groot rol in die ontwerp van hierdie oefeninge sedert dit 11 jaar gelede begin het.

Vanjaar se scenario was ‘n hipotetiese asteroïde, moontlik ‘n paar honderd meter in deursnee, met ‘n geskatte 72% kans om die aarde binne die volgende 14 jaar te tref. Potensiële impak-liggings sluit in digbevolkte gebiede in Noord-Amerika, Suider-Europa en Noord-Afrika, maar daar is steeds ‘n 28%-kans dat die asteroïde die aarde sal mis. Na ‘n paar maande van opsporing, beweeg die asteroïde te naby aan die Son, wat verdere waarnemings vir nog sewe maande onmoontlik maak. Besluitnemers sal moet uitvind wat om te doen.

Foto verskaf: NASA/JPL

Wees ook ‘n kundige en speel hieronder saam op NASA se interaktiewe voorwerp-kaart, en sien waar die komete en asteroïdes in ons sonnestelsels wegkruip. Klik op die NASA/JPL skakel hieronder

https://eyes.nasa.gov/apps/asteroids/#/home