Wimbledon se vrouekampioen in eerste ronde uit

Wimbledon se verdedigende vroue-kampioen, Marketa Vondrousova, sê sy het gesukkel om haar senuwees te kalmeer toe sy in die eerste ronde uitgeskakel is. Die wêreld se nommer 83, Jessica Bouzas Maneiro van Spanje, het die 25-jarige Tsjeg 6-4, 6-2 verslaan vir haar eerste Grand Slam-oorwinning. Dis die eerste keer sedert 1994, toe Steffi Graf teen Lori McNeil verloor het, dat die verdedigende vrouekampioen in die eerste ronde uitgeskakel word. Vondrousova sê sy wil uit hierdie ervaring leer: