Minstens 30 dood in Kenia tydens betogingsJune 29, 2024
Minstens 30 mense het is die week dood in betogings in Kenia wat aangedryf is deur die regering se belastingwetsontwerp. Human Rights Watch sê Keniaanse veiligheidsmagte het op Dinsdag lewende ammunisie gebruik, ook op betogers wat gevlug het. Die organisasie sê die gedrag is onaanvaarbaar onder Keniaanse en internasionale wetgewing. Die grootliks vreedsame saamtrekke het Dinsdag gewelddadig geword toe wetgewers die diep ongewilde belastingverhogings aanvaar het ná druk van die Internasionale Monetêre Fonds. Ná die aankondiging het protesgangers die parlementskompleks bestorm en ’n brand het uitgebreek in botsings ongekend in die land se geskiedenis sedert sy onafhanklikheid van Brittanje in 1963.