VSA-hooggeregshof bevind ‘vir’ 6 Jan. betogersJune 29, 2024
Amerika se hoogste hof het beslis federale aanklaers het hulle magte oorskry deur ‘n obstruksiewet te gebruik om honderde betogers van die Republikeinse party se destydse 6 Januarie-betogings aan te kla. Die beslissing kan die saak teen die voormalige president Donald Trump raak. Die regters sê die aanklagte moet bewyse insluit dat die betogers probeer het om met dokumente te peuter of dit te vernietig. Meer as 350 mense is aangekla dat hulle ingemeng het by die Kongres se werksaamhede – die sertifisering van die 2020 presidensiële verkiesing.