Eks-Kameroen sokkerspeler Nguemo sterf in motorongeluk

Sokker: Die 38-jarge voormalige internasionale speler van Kameroen, Landry Nguemo, is gister in ‘n motorongeluk dood. Die Voetbalfederasie van Kameroen het dit op Facebook bekendgemaak. Die middelveldspeler kom van Yaounde en het tussen 2006 en 2014 in 42 wedstryde vir Kameroen drie doele aangeteken. Hy was in sy klubloopbaan meesal in Frankryk en het as ‘n 16-jarige by die akademie van AS Nancy-Lorraine begin. Hy was ook in Turkye en Noorweë voor sy terugkeer na die Onder 16’s in Nancy om sy kennis en ervaring met kinders te deel.