Britse gesondheid ervaar weer staking

Junior hospitaaldokters in Engeland het gister met ‘n vyfdaagse staking begin, ‘n week voor die algemene verkiesing waar die Nasionale Gesondheidsdiens ‘n belangrike geskilpunt is. Die diens gaan gebuk onder ‘n grootskaalse agterstand as gevolg van die Covid-19-pandemie. ‘n Onlangse opname toon dat minder as ‘n kwart van alle Britte tevrede is met die nasionale gesondheidsdiens. Dis ‘n ongekende laagtepunt. Afgesien van vertragings met operasies en die aanvang van kankerbehandeling, moet die publiek ook lank wag om ‘n dokter by ‘n plaaslike spreekkamer te siene te kry.