Chaos toe opposielede in Zim-hof verskyn
Die Zimbabwiese polisie het dosyne opposisie-ondersteuners aangerand en verskeie buite ‘n hof in die hoofstad Harare in hegtenis geneem, nadat Citizens Coalition for Change-partylede borgtog geweier is. Die party se tussentydse leier, Jameson Timba, en 78 aktiviste is op 16 Junie gearresteer vir die hou van ’n politieke byeenkoms wat volgens die owerhede ongemagtig was. Polisie teen-onluste eenhede het die ingang na die hof bewaak en die inhegtenisnemings is gemaak nadat president Emmerson Mnangagwa gesê het dat daar opgetree sal word teen diegene wat moeilikheid maak. Die aktiviste se prokureur, Agency Gumbo, sê sy span sal die beslissing in die hoërhof appelleer.