Ramaphosa sê SA het geen tekort aan Covid-entstowwe

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sê daar is nie meer ‘n tekort aan Covid-entstowwe in Suid-Afrika nie. Hy het gepraat in Tembisa, Gauteng, tydens ‘n toesigbesoek om die land se vordering ten opsigte van die inentingsprogram te evalueer. Die aantal mense wat reeds ingeënt is, staan tans op meer as sewe miljoen, en elke week word sowat een miljoen mense ingeënt. Ramaphosa sê die land maak groot vordering met die inentingsveldtog.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *