Oudste tweeling in die wêreld

Twee Japannese susters is bevestig as die wêreld se oudste lewende identiese tweeling op die ouderdom van 107.

Umeno Sumiyama en Koume Kodama, is gebore op 5 November 1913. Hulle is op Shodo-eiland, Kagawa-prefektuur, gebore in ‘n gesin van 13. Die twee woon nou in aparte versorgingshuise. Toe hulle gebore is, was om ’n tweeling te wees genoeg rede om geboelie te word en hulle het van kleins af apart geleef.
Die twee woon meer as 300 kilometer uitmekaar, sê Guinness World Records.

Hulle het hoofsaaklik by troues en begrafnisse weer kontak gemaak, maar rondom die ouderdom van 70 het hulle saam op verskeie Boeddhistiese pelgrimstogte gegaan.