Britse verkiesing: Tories sukkel voort

Die Britse premier Rishi Sunak en die leier van die Arbeidersparty sir Keir Starmer het hulle laaste debat voor volgende week se verkiesing gevoer met peilings wat toon dat die Tories nie op die oomblik baie gewild is nie. Anand Menon, direkteur van die UK in a Changing Europe-organisasie, het die stand van sake so verwoord.