FIC vorder goed, gesels oor gryslys
Die Finansiële Intelligensiesentrum het sy 2023/24-jaarverslag-hoogtepunte bekendgestel. Die sentrum het ‘n ongekwalifiseerde ouditmening behaal, met reserwes wat met 128 persent toegeneem het tot 44,3 miljoen Namibiese dollar, van 19,3 miljoen dollar. Die sentrum het ‘n prioritiseringsmodel vir verdagte verslae ontwikkel en geïmplementeer, en ‘n outomatiese toesighulpmiddel en die UNSC Bot ingestel, wat operasionele doeltreffendheid aansienlik verbeter het. Bryan Eiseb, die sentrum se direkteur, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en ‘n uiteensetting van hul finansiële bates gegee.
Eiseb het ook aan die gryslys geraak.