Klimaatsverandering: Abe smelt weg

Stygende temperature het hulle tol geëis met ‘n wasstandbeeld van Amerikaanse president, Abraham Lincoln, in Washington DC. Die meer as 1,8-meter replika van die Lincoln-gedenkteken het in die hitte begin wegsmelt voordat dit heeltemal kop verloor het. Toe het een van die bene losgekom van die lyf en ‘n voet het in ‘n vormlose hopie verander. Die stoel het in die grond weggesink. Die wasstandbeeld is buite ‘n skool by Camp Barker geplaas – ‘n vlugtelingkamp uit die Burgeroorlog vir voormalige Afro-Amerikaner-slawe.