Vrou vermoor kêrel se ‘ander’ meisie

Die Namibiese polisie in die Oshikoto-streek het ‘n saak van moord teen ‘n 48-jarige Namibiese vrou oopgemaak nadat sy glo ‘n 43-jarige Angolese vrou aangeval en vermoor het. Volgens die streek se misdaadondersoek koördineerder adjunkkommissaris Titus Ekandjo, het ‘n bakleiery tussen die oorledene en die verdagte oor ‘n man uitgebreek nadat die oorledene na die verdagte se huis gegaan het, waar sy haar kêrel gevind het waar hy by die verdagte slaap. Die oorledene is geïdentifiseer as Anna Pedro van die Ohaiyanda-nedersetting. Die man het twee keer daarin geslaag om die twee vroue uitmekaar te hou maar, dit het nie gewerk nie. Die verdagte sal vandag in die Tsumeb-landdroshof verskyn.