Charles, Camilla groet Japannese koninklikes

Keiser Naruhito en keiserin Masako van Japan is by Buckingham-paleis deur koning Charles III, koningin Camilla en die prins van Wallis begroet. Die seremoniële verwelkoming is die begin van die Japannese koninklikes se drie dae lange staatsbesoek aan die Verenigde Koninkryk. Dit is Koning Charles se eerste staatsbesoek sedert sy kankerdiagnose. Die besoek deur die keiser en keiserin is bedoel om militêre, wetenskaplike en kulturele bande tussen die VK en Japan te versterk.