Sinner mik na Wimbledon na eerste grasbaantitel

Tennis: Jannik Sinner mik nou na Wimbledon nadat hy Sondag sy eerste grasbaantrofee in Halle, Duitsland, ingepalm het. Volgens die Italianer het hy meer selfvertroue op hierdie oppervlak voor die Grand Slam-toernooi wat volgende week begin. Die 22-jarige het die agste manspeler sedert die instelling van die ATP-ranglyste in 1973 geword om die eerste toernooi nadat hy tot die wêreld nommer een gevorder het, te wen. Hy het sy dubbelspelmaat, Hubert Hurkacz, met 7-6 en 7-6 in Duitsland geklop.