Jandre Dippenaar eers op 20 Augustus gevonnis

Die moord-veroordeelde Jandre Dippenaar se vonnisoplegging is uitgestel tot 20 Augustus. Dit kom nadat sy regspan ‘n aansoek daarvoor in die Swakopmundse streekshof gebring het. Hy het ‘n nuwe senior advokaat aangestel en sal ook deur ‘n sielkundige herevalueer word. Die hof het voorheen die objektiwiteit van die vorige sielkundige bevraagteken. Die uitstel is genoodsaak deur die dood verlede maand van Dippenaar se advokaat, Louis Botes. Landdros Gaynor Poulton hoor die saak aan. Sy het Dippenaar verlede week skuldig bevind op ses moordklagtes sowel as roekelose bestuur en bestuur sonder ‘n geldige rybewys. Dit kom na die gru-ongeluk in Desember 2014 toe ses mense dood is. Dippenaar se pa, Dippies Dippenaar, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit gaan goed met sy seun en hulle is dankbaar dat die uitstel toegestaan is. Dit sal hulle tyd gee om hulle sake agtermekaar te kry.