Binnelandse sake se massaregistrasie bereik teiken

Die binnelandse sake-ministerie se massaregistrasieveldtog wat op 5 Februarie begin het, het wydverspreide deelname in al 14 streke gesien. Die inisiatief is gefokus op die registrasie en uitreiking van geboortesertifikate en identiteitsdokumente aan diegene wat aan die vereistes voldoen. Duplikaat geboortesertifikate en duplikaat identiteitsdokumente is ook uitgereik. Margaret Kalo, die ministerie se woordvoerder, het ‘n opdatering aan Kosmos 94.1 Nuus gegee.