Paraatheidsplan vir m-pokke by SA hawens ingestel

Die kommissaris van die Grensbestuursowerheid, Michael Masiapato, het aangekondig die owerheid se hawe-gesondheidsbeamptes het ‘n uitbrekings-gereedheidsplan ontwikkel wat die reaksie met die hantering van m-pokke uiteensit. Die woordvoerder, Mmemme Mogotsi, sê die huidige reaksieplan is ingestel om te kan reageer, aangesien die gesondheidsdepartement 13 gevalle bevestig het. Mogotsi sê die owerheid stel siftingsprosesse in vir reisigers wat die land by alle hawens en grense binnekom.