Toerismeministerie werk aan volhoubaarheid

Volhoubare toerisme het een van die vereistes geword om Namibië suksesvol aan toeriste te adverteer. Veral Europese toeriste heg groot waarde aan volhoubaarheid. Die Namibië Toerismeraad doen in samewerking met verskeie ondernemings in die land moeite om volhoubaarheid in die toerismesektor te verhoog. Bornventure Mbidzo, die uitvoerende hoof van die Namibië Toerismeraad, verduidelik watter pogings die ministerie aanwend om volhoubaarheid te verseker.