Kamanjab sal nuwe benadering moet kry, reeds 10 jaar droog

Kamanjab-boer Piet Gouws het gereageer op berigte dat die Kamanjab-kiesafdeling hulp soek om die erge gevolge van die droogte aan te spreek. Die boere kry wel droogtehulpkos, maar hulle moet hul oorblywende diere kan voer. Meer as 80 persent van hul vee is verloor, daarom is onmiddellike hulp nodig. Gouws sê lae reënval duur al jare en ‘n ander benadering is nodig.