Stukkie maansand vir jou?

China het die eerste land geword wat monsters van die maan se agterkant suksesvol kon terugbring Aarde toe. Sendings na die maan se agterkant is weens die bergagtige terrein baie moeiliker. Daar word berig China se maantuig het na die Aarde teruggekeer en in dié land se noordelike Binne-Mongolië-streek geland. Die Chang-tuig het ongeveer seweuur Suid-Afrikaanse tyd geland met maangrond aan boord wat vroeër die maand versamel is.