Windhoek se waterteikens misluk, weer
Die hoofstad het in Mei nie sy besparingsteiken van 10 persent behaal nie en inteendeel, die teiken is met 16 persent oorskry. Die Stad het ook tot op hede geen veldtog geloods om waterbesparings op die voorgrond te stel nie. NamWater lewer net 40 persent van sy totaal en die Stad maak staat op boorgate, die akwifer en herwinning vir watervoorsiening. Intussen is Zutari Consulting Engineers, deur middel van ‘n lening van die Afrika Ontwikkelingsbank aangestel om ‘n waterherwinning meesterplan daar te stel. Die inisiatief is daarop gerig om watersekuriteit in Windhoek te versterk.