Jou voete kan jou ryk maak…
Wanneer jy aan bekende kunswerke dink, waaraan dink jy eerste?
Miskien is dit Leonardo da Vinci se onvergeetlike Mona Lisa of Vincent van Gogh se ikoniese Sonneblomme. Maar nou het een vrou se ongelooflik eienaardige gallery opslae gemaak op sosiale media – en sy gebruik slegs… haar tone.
Ja, glo dit of nie, haar ‘gereedskap’ is eintlik haar tone. Sy skryf mans se name met haar tone en verkoop dit. Die anonieme kunstenaar raap blykbaar tussen US$25 (sowat N$453) en US$600 (sowat N$10 876) op vir die bisarre stukke wat sy gebruik om haar studielenings af te betaal.
Op Instagram het sy selfs beweer dat sy haar pa se sokkies gesteel het om as deel van haar kunswerk te verkoop. Sy het die sokkies eers gedra voordat sy ‘Tony’ met lipstiffie daarop geskryf het.
Dit blyk dat die geheimsinnige vrou van The Toe Gallery eintlik ‘n webwerf wat bekend staan as Feet Finder gebruik om geld te maak vir haar unieke kunsstukke. Verbasend genoeg beweer die webwerf dat gebruikers US$40 miljoen (sowat N$725 miljoen) op voetfoto’s spandeer, en sê dat modelle duisende per maand kan maak.