Uitspraak in Covid-spuitsaak vandag verwag

Uitspraak in die Health Defence League, onder die leierskap van die bekende tandarts, dr. Martin Wucher, se dagvaardiging oor, onder andere, die Covid-inenting, word vandag deur adjunk-regter president Hosea Angula verwag. Wucher, saam met ander aansoekers, het bewyse geëis dat die Covid-entstof veilig is en erge Covid-beheermaatreëls doeltreffend was. Hulle vra ook dat die vrywaring wat lede van die publiek in verband met die entstof onderteken het, ter syde gestel word. Die ministeries van gesondheid en onderwys, sowel as die Namibiese regering, die Medisyne Regulerende Raad en die prokureur-generaal is as respondente gelys.