NEFF, CDV hulle parlementêre setels kwyt

Die Namibiese Verkiesingskommissie het bevestig dat die Namibia Economic Freedom Fighters, aktivis Michael Amushelelo se party, sowel as die Christian Democratic Voice gederegistreer is. Onvebestigde berigte lui dit handel oor finansiële state nie ingedien is nie. Die uitvoerende direkteur van die parlement, Lydia Kandetu, het bevestig dat drie parlementslede, twee van NEFF en een van die CDV, hul setels moet ontruim. Amushelelo het op sy sosiale media geplaas dat hy binnekort ‘n opdatering van die pad vorentoe sal gee.