Daar is uitkring-voordele van groot konferensies

Verskeie konferensies is tans aan die gang in Namibië. Die Namibiese Raad vir die Bevordering van Beleggings en Ontwikkeling, NIPDB, gaan die gasheer wees vir die Africa Hospitality-beleggingsforum. Die raad verwag ‘n groot aantal buitelandse afgevaardigdes by die forum. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Nathaly Ahrens, die voorsitter van die Toer- en Safarivereniging, wat sê hulle verwag ‘n toename in toerisme en veral besigheidsreise.