Julian Assange is vry, terug huis toe

In nuus wat beskryf word as ‘n reuse-oorwinning vir persvryheid, is Wikileaks se Julian Assange ‘n vry man. Hy het ‘n pleitooreenkoms met die Amerikaners aangegaan waar hy skuldig sal pleit op ‘n klag van sameswering om geklassifiseerde inligting te versprei en dat sy vyf jaar in Belmarsh in Londen as sy tronkstraf sal dien. Hy sal homself weer in sy geboorteland van Australië vestig. Dit kom na ‘n regstryd van meer as 14 jaar na hy geklassifiseerde dokumente van die Irak-oorlog vrygestel het.