Sentrale damme net 16,3% vol

Volgens NamWater se weeklikse dambulletin is daar net 16,3 persent waterbronne in die drie sentrale damme wat onder meer Windhoek voorsien oor. Von Bach is op 11,3 persent na water van Swakoppoort, wat op 31 persent staan, oorgedra is. Omatako is effe voller op 0,2 persent weens kanaal-oorvloei. In die Suide is Hardap op 10,5 persent met 546 000 kubieke meter wat in die afgelope week benut is vir die groenskema. Naute by Keetmanshoop is op 43,8 persent en die Oanobdam by Rehoboth het 40,1 persent water. Die Ooste se totale bronne is op 2,5 persent met die Otjiverodam op 3,5 persent. Die twee Viljoendamme by Gobabis is op 4,6 en 1,9 persent. In die Noorde staan die Olushandjadam op 40,7 persent.