Unam klop United, 6 punte voor op puntelys

Unam het ‘n voorsprong van ses punte aan die bopunt van die Windhoek Lager Rugby Premierliga opgebou nadat hy Trustco United Saterdag met 35-20 geklop het. Die oorwinning het Unam boaan die puntelys geplaas met 49 punte, en ses punte voor Wanderers, wat ‘n nederlaag van 51-27 teen die Kudus in die Jan Wilkens-stadion op Walvisbaai gely het. Grootfontein het maksimum punte ingesamel in ‘n tuisoorwinning van 55-12 oor Simonis Storm Dolphins. Op Suburbs Park is Western Suburbs heelpad gedruk voordat hy Reho Falcon met 29-27 geklop het. Suburbs is nou sewende op die puntelys met 21 punte, terwyl Valke vyfde bly met 26 punte.