Veelvuldige Sklerose-veldtog hou bewusmakingsrenloop

Die Veelvuldige Sklerose-veldtog se bewusmakingsrenloop vind op 29 Junie plaas. Die lopie is daarop gemik om die publiek oor siekte op te voed. Veelvuldige sklerose, of MS, is ‘n chroniese siekte van die sentrale senuweestelsel. Daar word vermoed dat dit ‘n outo-immuunversteuring is, ‘n toestand waarin die liggaam homself per ongeluk aanval. Die renloop sal in Windhoek se Sean McBridestraat plaasvind. Registrasies is nog oop en kan verkry word op die Windhoek City Runners Club se webwerf. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Bianca Ozcan, een van die organiseerders van die geleentheid, wat meer inligting gee.