Gebrek aan werk regering se skuld, sê Amushelelo

Die aktivis en NEFF-lid Michael Amushelelo was verlede week op besoek aan die Nasionale Vergadering. Die parlementêre staande komitee oor grondwetlike- en regsake het hom genooi vir ‘n raadplegende vergadering. Dit kom nadat hy op 21 Maart ‘n petisie ingedien het vir die skep van ‘n werkloosheidsfonds, soortgelyk aan die Wet op Veterane van 2008. Kosmos 94.1 Nuus het met Amushelelo oor die vergadering gepraat. Hy sê die gesprek het meestal gegaan oor jeug-werkloosheid, en hy brei uit.