Cyril ‘staan voor kritieke stabiliteitsbesluit oor kabinet’

President Cyril Ramaphosa staan voor ‘n deurslaggewende besluit om met sy keuses vir die kabinet die volhoubaarheid van die regering van nasionale eenheid te verseker. ‘n Professor in Politieke Wetenskap aan die Universiteit van Johannesburg, Siphamandla Zondi, het aan die SABC gesê om klein partye te onderskat sal onwys wees weens hulle sleutelrol. Volgens Zondi is dit moontlik vir die ANC en DA om die land alleen te regeer, maar die koalisie sluit tien politieke partye in om vertroue en die dinamiek tussen die twee groter partye te handhaaf.