Graad 11-leerders ondersoek Johannesburg gasontploffing

Die Universiteit van die Witwatersrand het met die sewende jaarlikse kortkursus, Wits Integrated Experience, vir graad 11’s begin. Leerders gaan vanjaar die gasontploffing ondersoek wat verlede jaar in Breëstraat in die Johannesburgse middestad plaasgevind het. Die Dainfern College-leerder, Mikayla Ernst, sê hulle keer op 19 Julie terug na Wits om voor ʼn paneel deskundiges verslag te doen.