Kragopwekking verbeter in K1… dis Ruacana

Syfers deur die Namibiese Statistieke-agentskap toon dat daar ‘n toename van 70,4 persent in kragopwekking in die eerste kwartaal van die jaar aangeteken is. Dit het gelei tot ‘n daling van 17,1 persent in invoere gedurende dieselfde periode. Die krag sektor het in die kwartaal met 16,1 persent in reële waarde gegroei. Dit kan grootliks toegeskryf word aan die uiters goeie opwekking deur die Ruacana hidroëlektriese aanleg wat vroeg in die seisoen goeie neerslae in sy opvangsgebied gehad het. Die vloei van die Kunene het reeds begin afneem.