PAP moet help om Frik, Peter vry te laat
Die families van twee Suid-Afrikaanse ingenieurs wat reeds 17 maande in Ekwatoriaal-Guinee aangehou word, oorhandig vandag in Midrand ʼn amptelike versoekskrif aan die president van die Pan-Afrikaanse Parlement, Fortune Charumbira. Woordvoerder Shaun Murphy sê hulle versoek die instelling om te help dat Frik Potgieter en Peter Huxham vrygelaat word.