Staatsamptenare ondersteun eenheidsregering 

Die Vereniging van Staatsamptenare verwelkom president Cyril Ramaphosa se fokus op werkloosheid, arbeidswet-beskerming, die energie-krisis en ‘n professionele staatsdiens. Hulle steun Ramaphosa se toewyding aan die stryd teen korrupsie, die energiekrisis en vir die bemagtiging van vroue. Hulle is egter gekant teen die voorstel dat senior staatsamptenare weer vir hulle poste moet aansoek doen. Claude Naiker van die vereniging sê hulle vertrou die leierskap van die regering van nasionale eenheid: