Wat nou van Jerry se wette? 

Amnestie Internasionaal het voor die hoërhof se uitspraak oor die sodomiewet Namibiese owerhede versoek om die veiligheid van die LGBT-gemeenskap te verseker. Die liggaam het verwys na ‘n oplewing in vyandigheid ná vorige regsbesluite wat LGBT-regte beïnvloed. Na die uitspraak dat die wet ongrondwetlik is, het Kosmos 94.1 Nuus kommentaar van Amnestie Internasionaal gekry. Menseregte-prokureur dr. Mandipa Machacha sê tyd sal bepaal of dit die ondertekening van die Jerry Ekandjo-wette sal beïnvloed.