Prins William bedank Taylor Swift vir ‘lekker aand’

William, die Prins van Wallis, het Taylor Swift bedank vir ‘n “lekker aand” nadat hy Vrydagaand sy verjaardag by haar Wembley-optrede in Londen gevier het. Kensington-paleis het ‘n foto op sosiale media geplaas van Swift wat ‘n selfie neem met William, prins George en prinses Charlotte agter die verhoog voor die konsert. “Dankie taylorswift13 vir ‘n wonderlike aand!” die paleis se sosiale media-plasing gesê. Die Shake It Off-sangeres het toe ’n selfie van haarself saam met William, die kinders en haar kêrel, Travis Kelce, geplaas.