Namibië wen eerste medalje by Afrika Senior Atletiekkampioenskap

Namibië het sy eerste medalje by die Afrika Senior Atletiekkampioenskap in Kameroen gewen. Lionel Chenoult Coetzee van Swakopmund het ‘n silwer medalje ingepalm in die verspring. Die 4x400m gemengde aflosspan het aan die finaal deelgeneem en ‘n nuwe Namibiese rekord opgestel. Die span het bestaan ​​uit Mahmad Bock, Katjazoo Kambiri, Napuumue Hengari en Ezra Nakale. Bock vertel meer van hul ervaring.