Hardap-boere positief te midde van uitdagings

Die Hardapdam is slegs 10,7 persent vol, teenoor 36,2 persent dieselfde tyd verlede jaar, volgens hierdie week se NamWater-dambulletin. Boere by die besproeiingskema mag net 25 persent van hul landerye besproei, wat hulle in staat stel om hul permanente oeste te behou. Op 6 Maart, toe die dam 13,6 persent vol was, is gesê dat alle besproeiing aan die einde van Maart sal moet stop as daar nie invloei is nie. Daar was ‘n mate van invloei maar die dam is weer onder 11 persent. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Rico Bothma, een van die boere by die skema, oor hoe dit met hulle gaan.